# Die DA het Renaldo Gouws se lidmaatskap amptelik beëindig ná ‘n eenparige besluit deur die party se Federale uitvoerende bestuur. Dit volg ná ‘n deeglike ondersoek deur die Federale Regskommissie wat Gouws skuldig bevind het aan die oortreding van verskeie artikels van die DA se grondwet. Gouws is geskors nadat ‘n ou videogreep van hom weer opgeduik het waarin hy rassistiese beledigings maak. Gouws sal as gevolg daarvan sy parlementêre setel verloor. Die DA het in ‘n verklaring sy verbintenis tot die handhawing van aanspreeklikheid, nie-rassigheid en respek vir alle Suid-Afrikaners herbevestig.
DA beëindig Renaldo Gouws se lidmaatskap ná ondersoek