# President Cyril Ramaphosa gaan vanmiddag vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord. Sommige van die vrae gaan oor die regering se planne om Eskom te hervorm en die kragkrisis op te los, asook planne om te verseker gemeenskappe geniet stabiliteit, dienslewering en regulatoriese verantwoordbaarheid ná die verkiesing. Ramaphosa gaan ook sake aanspreek soos die terme en voorwaardes van die 131-miljard-rand lening vir die land se oorgang van steenkool na skoon energie, en kwessies wat militêre veterane raak.