Skip to content

Krieket: Miller en Baartman blink uit in SA se T20 Wêreldbeker-oorwinning teen Nederland

# Krieket: ‘n Onoorwonne 59 van 51 balle deur David Miller het Suid-Afrika veilig deurgedra in ‘n oorwinning met vier paaltjies teen Nederland in ‘n T20 Wêreldbeker-kragmeting in New York. Die Suid-Afrikaners het 106 vir ses aangeteken nadat hulle Nederland tot 103 vir nege beperk het, met Ottniel Baartman wat vier paaltjies platgetrek het. Daar word baie uitgesien na vanmiddag wanneer die twee aartsvyande in krieket, Indië en Pakistan, vir die eerste keer in Amerika teen mekaar te staan kom.