# Die vakbondfederasie, Cosatu, veroordeel met minagting die ongeregverdigde aanvalle op onderwysers deur die leier van die EFF, Julius Malema, en sy belediging van hul grondwetlike regte. Malema eis dat die Onafhanklike Verkiesingskommissie onderwysers verbied om in volgende jaar se verkiesings te werk, vanweë hulle vakbond-bande. Die woordvoerder van Cosatu, Matthew Parks, sê die Grondwet waarborg vryheid van assosiasie en uitdrukking, en bevestig die OVK se diskresie om individue aan te stel, ongeag lidmaatskap van ‘n vakbond. Parks raai Malema aan om grondwetlike beginsels te begryp en minder woedebuie op Twitter te plaas:
Cosatu veroordeel Malema se aanvalle op onderwysers met die minagting wat dit verdien [KLANK]