# Die vakbondfederasie Cosatu het die Departement Water en Sanitasie gekritiseer omdat hy nagelaat het om geld te gebruik wat toegeken is om puttoilette in die Vrystaat en die Noord-Kaap te verwyder. Slegs een-duisend-200 is opgradeer ondanks ‘n vyfjaar-teiken om meer as 12-duisend toilette te vervang. Die Ouditeur-Generaal het onthul dat slegs 12-miljoen van die 504-miljoen wat toegeken is, bestee is. Cosatu eis aanspreeklikheid en blitsige optrede om gemeenskaps-waardigheid te herstel en beskryf die vertraging as ‘n skending van basiese menseregte.
Cosatu kritiseer Departement Water en Sanitasie vir versuim om sanitasie-fondse te gebruik