# Die Stad Kaapstad sê al Clifton se strande is weer oop. ‘n Woordvoerder verduidelik die boggelrugwalvis wat vroeg gister op die strand by Clifton uitgespoel het, is verwyder. Die karkas is teen hoogwater met behulp van ‘n groot boot uit die see verwyder. Dit is toe van die strand na die Oceana-kragbootklub gesleep, vanwaar dit na die Vissershok-stortingsterrein vervoer is. Die oorsaak van die walvis se dood is nie bekend nie, maar dit het waarskynlik van natuurlike oorsake gevrek.