Skip to content

City Power veroordeel toenemende aanvalle op tegnici

# City Power sê hy is verontwaardig en bekommerd oor die voortdurende aanvalle op operateurs en ander amptenare van die instelling. In die jongste voorval is ‘n operateur, wat ná beurtkrag op pad was na Pennyville om kragtoevoer te herstel, met ‘n vuurwapen aangehou en van sy selfoon beroof. Die afgelope naweek is ‘n span elektrisiëns in Randburg ook met ‘n vuurwapen gedreig en van hul besittings beroof. City Power sê dié blatante en lafhartige kriminele dade maak die taak van sy personeel al hoe moeiliker.