# City Power in Johannesburg sê daar is tans kragonderbrekings wat dele van Maroeladal en omliggende gebiede raak. Die kragvoorsiener sê tegnici sal uitgestuur word om ondersoek in te stel en die fout te herstel. Dit is op die oomblik moeilik om te sê wanneer die herstelwerk afgehandel sal wees. City Power vra verskoning vir die ongerief.