Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

City Power besig met inkomste-insamelingsveldtog in Alexandra

# City Power se diensleweringsentrum in Alexandra begin vandag met ‘n inkomste-insamelingsveldtog gemik op besighede met 18-miljoen-rand se uitstaande fooie. Woordvoerder Isaac Mangena sê wanbetaling en onwettige verbindings is uitdagings in die gebied. Die inisiastief beklemtoon die belangrikheid daarvan om elektrisiteitsrekenings te betaal om afsnyding te voorkom. Dié wat reeds afgesny is word aangeraai om heraanskakeling te reël na betaling. Mangena sê City Power sal operasies versterk om seker te maak alle kliënte betaal betyds om die voorsetting van dienste te verseker.