# ʼn Groep Chinese maatskappye gelei deur China se Hawe-ingenieursmaatskappy het ʼn kontrak gekry om ʼn sonkragaanleg van 100 megawatt in Botswana te bou. Die projek van meer as 1,4-miljard-rand sal die land se tweede hernubare fasiliteit op nuts-skaal wees en in die tweede kwartaal van 2026 in gebruik geneem word. Botswana maak tans op steenkool staat vir 98-persent van sy elektrisiteit, maar wil teen 2036 50-persent deur hernubare bronne opwek.
Chinese maatskappye gaan sonkragaanleg van 100 megawatt in Botswana oprig