# China het Amerika gewaarsku hy duld nie inmenging nie, nadat die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake Hongkong se aankondiging van lospryse op ses oorsees-gebaseerde demokrasie-veldtogvoerders ‘n vorm van transnasionale onderdrukking genoem het. Beijing het in 2020 politieke meningsverskille in Hongkong onderdruk na gewelddadige betogings die vorige jaar. Talle opposisiefigure het na die buiteland gevlug, terwyl ander in hegtenis geneem en jare lank tronk toe gestuur is. Hongkong het dié week belonings van sowat 2,4-miljoen-rand aangekondig vir inligting wat lei tot die inhegtenisneming van ses mense wat nou oorsee woon.
China waarsku Amerika hy sal nie inmenging duld nie