Skip to content

China stel sanksies in teen Amerikaanse maatskappye oor Taiwan

# China sê hy sal sanksies instel teen ‘n aantal Amerikaanse verdedigingsmaatskappye en verskeie bestuurders oor Washington se ekonomiese optrede teen Chinese maatskappye en sy wapenverkope aan Taiwan. Beijing se nekhare staan die afgelope paar dae regop oor die warm verhouding tussen Washington en Taipei, waar Lai Ching-te Maandag ingehuldig is as die selfregerende eiland se nuwe president. China maak aanspraak op Taiwan as deel van sy grondgebied en brandmerk Lai ‘n gevaarlike separatis wat oorlog en verval op die eiland sal veroorsaak.