Skip to content

China skort samesprekings met Amerika op oor nie-uitbreiding van kernwapens

# China sê hy het onderhandelings met Amerika opgeskort oor die nie-uitbreiding van kernwapens en wapenbeheer, in reaksie op Washington se wapenverkope aan Taiwan. Amerika en China het in November seldsame samesprekings gehou oor beheer oor kernwapens as deel van ‘n poging om wantroue voor ‘n spitsberaad tussen die leiers Joe Biden en Xi Jinping, te laat afneem. Maar China se ministerie van Binnelandse Sake het vandag gesê onlangse verkope van wapens aan die selfregerende Taiwan ondermyn die politieke atmosfeer vir voortgesette wapenbeheersamesprekings tussen die twee lande.