Skip to content

China maak beswaar by Amerika nadat Blinken nuwe Taiwanse president geluk wens

# China het by Amerika beswaar aangeteken omdat die minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, die selfregerende Taiwan geluk gewens het na die inhuldiging van die nuwe president, Lai Ching-te. Lai is gister ingehuldig, maar Beijing het hom voorheen reeds as ‘n gevaarlike separatis gebrandmerk. Blinken het in sy gelukwensing gesê hy sien daarna uit dat Washington en Taipei vrede en bestendigheid in die ganse Straat van Taiwan handhaaf. Volgens Beijing is sy boodskap ‘n ernstige skending van die beginsel van Een China en stuur die verkeerde boodskap aan separatistiese magte.