# Die voormalige Britse premier, David Cameron, is in ‘n onverwagte herskommeling as minister van Buitelandse Sake aangestel in Rishi Sunak se kabinet. Cameron vervang vir James Cleverly, wat die nuwe minister van Binnelandse Sake is in die plek van die omstrede Suella Braverman. Sy is afgedank nadat sy die polisie onlangs in ‘n artikel daarvan beskuldig het hulle verkies linkse groepe bo regse en nasionale aktiviste. Cameron was premier van 2010 tot 2016, toe hy bedank het weens die uitslag van die Brexit-referendum nadat Britte ten gunste daarvan gestem het om die Europese Unie te verlaat.
Cameron maak ‘n verrassende terugkeer as minister van Buitelandse Sake in Sunak se kabinetskommeling