Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Byna twee-duisend vragmotors is verlede jaar in SA gekaap

# Vragmotorkapings neem toe te midde van die groei in die e-handelsektor, met misdadigers wat logistieke vragmotors en koeriervoertuie vir waardevolle vragte teiken. Daar was in 2023 een-duisend-996 vragmotorkapings in Suid-Afrika, wat vorige jare oortref. Nasporingsdata toon sakevoertuie is 59-persent meer geneig om deur voertuigmisdaad geteiken te word en 32-persent meer geneig om gekaap te word as persoonlike voertuie. Koerier-ondernemings gebruik strategieë soos bakkie-assistente en twee bestuurders om risiko’s te verminder, terwyl plaaslike konsessie-eienaarskap en omvattende versekeringsdekking bykomende beskerming bied.