# Mense in Noord-Amerika en die meeste dele van Suid-Amerika sal vanaand ‘n byna algehele maansverduistering beleef wat die langste sedert 600-jaar gelede is. Die verduistering, waarin 99,1-persent van die maan se oppervlak in die aarde se skadu sal wees, sal ongeveer drie en ‘n half uur duur. Die vorige rekord, wat 23-sekondes langer was, is op 18 Februarie 1440 aangeteken. EuroNews beskryf die ervaring kan vergelyk word met die maan waaraan stadig geknibbel word.