Skip to content

Byna 600-duisend onafgehaalde ID’s by Binnelandse Sake-kantore landwyd

# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê daar is byna 600-duisend onafgehaalde identiteitsdokumente by regeringskantore regoor Suid-Afrika. Hy het in ‘n skriftelike parlementêre antwoord onthul meer as 450-duisend hiervan is heruitreikings, met meer as 142-duisend eerste ID’s. Die kantore met die meeste onafgehaalde ID’s sluit dié in Gqeberha, Johannesburg, Akasia en Kaapstad in. Drie-en-vyftig werknemers is sedert April 2019 dissiplinêr vervolg vir onreëlmatige verwerking van ID’s, met 33 wat afgedank is.