Skip to content

Byna 5 300 trauma-gevalle oor Nuwejaar-langnaweek by Wes-Kaapse hospitale aangemeld

# Vyfduisend-298 trauma-gevalle reg oor die provinsie is tussen Donderdag en Dinsdag by hospitale se ongevalle-afdelings aangemeld. Dit is meer as ʼn kwart van alle gevalle wat by noodsentrums behandel is. Volgens die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement se Hospital Emergency Centre Triage and Information System bekend as HECTIS, het 20-duisend-73 pasiënte oor die langnaweek se vyf dae by noodsentrums opgedaag en 26-persent van die gevalle het met trauma verband gehou. Volgens HECTIS word daar elke maand in die Wes-Kaap sowat 110-duisend traumagevalle by gesondheidsgeriewe aangemeld.