# Die polisie het die laaste sewe dae bykans 14-duisend verdagtes gearresteer gedurende landwye Shanela-operasies. Onder die arrestasies was meer as twee-duisend-800 mense wat gesoek is vir ernstige misdaad, insluitend moord, verkragting en die onwettige besit van vuurwapens. Die polisie het ook beslag gelê op 112 vuurwapens, een-duisend-491 rondes ammunisie en 85 gesteelde voertuie. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê groot suksesse sluit in die onderskepping van dwelms van 300-miljoen-rand en beslaglegging op vervalste goedere van 37-miljoen-rand:
Bykans 14-duisend verdagtes gearresteer in landwye polisieklopjag [KLANK]
ENG MatheOnCrackdown