# Business Leadership South Africa se uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê die aanstelling van die voormalige Exxaro-hoof, Sipho Nkosi, om ‘n span in die Presidensie te lei wat onnodige rompslomp moet uitken en verwyder, is bemoedigend. President Cyril Ramaphosa het verlede week tydens sy staatsrede gesê die span sal hervormings identifiseer wat voorkeur moet kry. Dit sluit meganismes in wat sal verseker regeringsdepartemente betaal verskaffers binne die vereiste 30 dae. Mavuso sê Nkosi het die regte ervaring, en die perspektief van iemand wat baklei het om ‘n sakeonderneming te vestig en dus weet hoe gevaarlik rompslomp kan wees.