# Business Leadership South Africa sê ‘n gebrek aan noodsaaklike vaardighede strem die land se ekonomie, want die Departement van Binnelandse Sake het nie die vermoë om visa-aansoeke te prosesseer nie. Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, het erken daar is ‘n agterstand van 74-duisend aansoeke vir ‘n verskeidenheid van visas, maar hy ontken daar is ‘n agterstand vir werkspermit-aansoeke vir noodsaaklike vaardighede. Die uitvoerende hoof van BLSA, Busi Mavuso sê die sakesektor kan help, want die privaatsektor het omvattende administratiewe kapasiteit wat ingebring kan word om die agterstand te help verwerk.
Business Leadership SA sê die privaatsektor kan help met die visa-agterstand