Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Business Leadership SA sê daar is min vertroue in die regstelsel

# Business Leadership South Africa sê daar is ʼn probleem met vertroue in die land rondom die doeltreffendheid van die regstelsel en dit belemmer beleggings. Daar was die afgelope week die geval van die Nasionale Vergadering se speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, wat te midde van ʼn korrupsie-ondersoek spesiale verlof geneem het. BLSA se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê ʼn strafregtelike stelsel wat goed funksioneer moet ʼn rugsteun wees. Sy sê daar is egter min vertroue in die regstelsel weens die stryd om die groot getal mense wat by korrupsie betrek word, aan te keer.