Skip to content

Business Leadership SA bestempel ArcelorMittal se reddingsplan as onvolhoubaar

# Business Leadership South Africa sê ArcelorMittal Suid-Afrika se voorgestelde reddingsplan is onvolhoubaar. Daar is nie ‘n duidelike uittrede-strategie vir die plan nie, wat gebruik sal maak van die tydelike werkgewer/werknemer-verligtingskema om in die volgende 12 maande byna drie-duisend werknemers teen 417-miljoen-rand te befonds. Die uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, voer in haar weeklikse nuusbrief aan openbare hulpbronne moet gebruik word vir strukturele hervormings wat volhoubare werkskepping ondersteun en nie tydelike oplossings bied wat nie onderliggende kwessies by die onderneming verbeter nie.