# Business for South Africa sê die vrystelling van die Netwerkverklaring is ‘n sleutelstap om die spoorsektor te hervorm. Volgens die organisasie weerspieël die dokument die omvattende werk van talle belanghebbendes, insluitend Transnet en die Departement van Vervoer, en dit is van deurslaggewende belang vir die instelling van die land se langverwagte spoorbeleid. Woordvoerder Ian Bird sê die organisasie ondersteun steeds hierdie hervormings wat veronderstel is om doeltreffendheid en mededingendheid te bevorder asook werksgeleenthede te skep binne die aanbodketting.
Business for South Africa verwelkom pogings om deelname van privaat sektor in spoornetwerk te ontsluit