# Nuwe navorsing deur die Buro vir Ekonomiese Navorsing en die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid dui aan dat Suid-Afrika nie angstig moet raak oor die 30-persent verhoging in Amerikaanse tariewe nie. Terwyl ongeveer 20-persent van ondernemings geraak word, ly slegs ‘n klein gedeelte groot inkomsteverliese. Die meeste groot nywerhede, insluitend pluimvee, mielies, beeste, melk en aartappels, het ‘n beperkte blootstelling aan die Amerikaanse mark. Sommige sektore, soos wyn en sitrus, kan moontlike inkomsteverliese verwag, met Wes-Kaapse plase wat ‘n moontlik vermindering van tot 32-persent in netto inkomste kan sien.
Buro vir Ekonomiese Navorsing sê dit is onnodig om angstig te raak oor Trump se 30% tariefverhogings