# Die Lotus Gardens, Atteridgeville en Saulsville Burgerlike Verenigings doen ‘n beroep op die nuwe plaaslike regering in Tshwane om alle uitstaande munisipale skuld te skrap wat na bewering deur verkeerde rekenings veroorsaak is. In Augustus alleen is agt-duisend-696 finale eise na rekeninghouers gestuur wat 1,9-miljard-rand skuld. Die Stad Tshwane het daarin geslaag om 458-miljoen-rand in te vorder. Die burgerlike beweging se leier, Tshepo Mahlangu, sê die aggressiewe inkomste-invorderingsveldtog bekend as Tshwane Ya Tima, wat persone wat agterstallig is ontkoppel, moet ook beëindig word.
Burgerlike beweging eis skrapping van munisipale skuld in Tshwane