# Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis sê president Cyril Ramaphosa het probeer om skadebeheer in die Nasionale Raad van Provinsies toe te pas toe hy Kaapstad se bestuursrekord geprys het. Hill-Lewis sê die stad vertoon steeds beter as die ANC-beheerde munisipaliteite, met ‘n rekordbegroting van 40-miljard-rand vir infrastruktuur, waarvan 75-persent lae-inkomste huishoudings bevoordeel. Hy voeg by dat Kaapstad boaan die nasionale ranglys is vir skoon oudits en betroubare dienslewering, wat bewys dat DA-geleide metro’s werklike vordering lewer.
Burgemeester van Kaapstad beskuldig Ramaphosa van skadebeheer oor bewerings rondom dienslewering