# Die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, het inwoners versoek om in groot getalle vir die komende 2024 algemene verkiesing te registreer. Brink beklemtoon die belangrikheid vir nuwelinge in Pretoria om hul adresse by te werk. Daar is 22-duisend-300 stemlokale opgerig vir hierdie naweek se kiesersregistrasieveldtog en die Onafhanklike Verkiesingskommissie moedig jongmense en eerstekeer-kiesers aan om hul demokratiese reg uit te oefen. Brink het ‘n beroep gedoen vir deelname aan hierdie burgerlike proses voor die verkiesing:
Burgemeester Brink versoek inwoners van Tshwane om hierdie naweek te registreer om te stem [KLANK]