Skip to content

Build One South Africa sê misdadigers in die land het roekeloos geword

# Build One South Africa sê misdadigers het roekeloos geword omdat hulle weet die polisiediens is onderbeman, onderbefonds en onvoldoende opgelei, met ‘n skrale kans dat hulle gevang sal word. Die mees onlangse data van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, toon dat vanaf 2021 net 27-persent van die land se inwoners aangedui het dat hulle die polisie vertrou, teenoor 47-persent twee dekades gelede. Die BOSA-leier, Mmusi Maimane, sê ondanks ‘n jaarlikse belastingbetalerbefondsde begroting van 117-miljard-rand vir polisiedienste, kry landsburgers nie behoorlike diens en beskerming nie.