Skip to content

Build One South Africa se leier doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om leiers vir die 2024-verkiesings te benoem

Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om hulle leiers te benoem of om hulleself as kandidate vir die 2024 verkiesings beskikbaar te stel. BOSA het sy eerste vyf kandidate in KwaZulu-Natal bekendgestel wat in die verkiesing gaan staan. Maimane sê die party het 227 dae gelede sy kandidaatwerwingsmodel geopen om die beste 400 kandidate te identifiseer om die setels in die Parlement te vul.  Die doel van die omvattende werwingsproses is om te verseker elke kandidaat is behoorlik gekeur en dat slegs geskikte kandidate op die stembrief verskyn.