Skip to content

Build One SA beskou die Kwartaallikse Arbeidsmagopname as kommerwekkend vir jeug-indiensneming

# Build One South Africa het vandag se vrystelling van die Kwartaallikse Arbeidsmagopname vir die derde kwartaal as slegte nuus vir die jeug bestempel. BOSA sê die opname openbaar ontstellende neigings, wat toon drie uit elke vyf jongmense tussen die ouderdomme van 15 en 24 worstel met werkloosheid, wat neerkom op ‘n verbysterende 4,5-miljoen mense. Die leier, Mmusi Maimane, doen ‘n beroep op jongmense om tydens die komende spesiale registrasienaweek op te tree, om ‘n verandering in die regering mee te bring en om die dringende kwessie rondom hoë werkloosheid onder die jeug aan te pak.