# Die Britse professionele landloopatleet Tom Evans is op ‘n staproete op Tafelberg beroof, met ‘n mes aangehou en aangerand. Die 31-jarige Evans was in die Moederstad om te oefen vir volgende naweek se gewilde RMB Ultra-roete Kaapstad. News24 berig sy trouring, foon en horlosie is gesteel. In ‘n video wat gister op sosiale media geplaas is, sê Evans aan sy 60-duisend ondersteuners hy is “platgeslaan” dat hy nie meer aan die byeenkoms kan deelneem nie en wens die hardlopers wat nog in Kaapstad is “alles van die beste” toe in die dae voor die geleentheid.
Britse landloopatleet beroof en aangerand op Tafelberg-staproete