Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Britse hospitaal tree op ná bewerings dat prinses Catherine se data uitgelek het

# Die uitvoerende hoof van ‘n Britse hospitaal het onderneem om alles moontlik te doen ná bewerings dat die Prinses van Wallis se mediese inligting uitgelek het. Al Russell het reageer op beskuldigings dat personeel by die London Clinic probeer het om toegang te verkry tot Catherine se mediese rekords nadat sy ‘n buikoperasie ondergaan het. Hy sê almal ken hul verantwoordelikhede oor pasiëntvertroulikheid. Die prinses se afwesigheid uit die openbare lewe sedert die operasie het gelei tot verskeie skinderstories, onder meer dat sy en prins William vervreemd nadat hy haar glo verkul het.