# Die Britse eerste minister, Boris Johnson, sê alle oorblywende Covid-19-beperkings in die land kan moontlik binne die volgende paar weke opgehef word – ‘n maand vroeër as wat beplan is. Hy het dié onverwagte aankondiging gedoen tydens ‘n vrae-sessie in die Laerhuis. Johnson sê hy hoop om sy regering se strategie voor te lê oor hoe om met die koronavirus saam te leef, wanneer parlementslede op die 21ste terugkeer ná die halftermynreses. Dit sal insluit die huidige regsvereiste vir self-isolering vir mense wat positief toets.