Skip to content

Brasilië vra EU-ondersteuning vir nuwe fonds om reënwoude te beskerm

# Brasilië het die Europese Unie se ondersteuning gevra om die Tropical Forests Forever-fonds te stig om reënwoude te beskerm. Die hoofdoel is om jaarlikse betalings te doen aan lande met reënwoude as beloning omdat hulle woudbedekking onderhou of uitbrei. Reënwoude bedek sowat 12-persent van die aarde se grondoppervlak. Die Brasiliaanse minister van Inheemse Volke, Sonia Guajajara, sê dis bewys dat inheemse gebiede en inheemse volke bioverskeidenheid en woude bewaar en die grootste bydrae tot klimaatsbalans lewer.