# ‘n Brasiliaanse regter het gelas dat ‘n 2015-liedjie deur die Britse pop-superster Adele, Million Years Ago, wêreldwyd verbied moet word, insluitend op stroomdienste. Dit volg weens die Brasiliaanse komponis, Toninho Geraes, se voortslepende plagiaat-eis. Die bevel dreig Adele se platemaatskapye, Sony Music Entertainment en Universal Music met ‘n boete van 143-duisend-rand vir alle gevalle van nie-nakoming. Geraes beweer plagiaat teen sy klassieke samba-treffer Mulheres, wat die beroemde Brasiliaanse sanger, Martinho da Vila opgeneem het, en dagvaar vir verlore tantième, morele skadevergoeding en erkenning aan die liedjieskrywer op Adele se snit.
Brasiliaanse regter las dat ‘n Adele-liedjie wêreldwyd verbied moet word