# Die Parlement sê brandbestryders sal later vanmiddag besluit of hulle heeltemal uit die gebied sal onttrek en of die gebou veilig is om aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens te oorhandig. Die voorsittende beamptes, Nosiviwe Mapisa-Nqakula en Amos Masondo, het die brandbestryders geloof. Hulle het almal ook gevra om saam te werk om maniere te vind om te verseker die Parlement se werk gaan voort. Hulle het ook bevestig die Staatsrede, die Begrotingsrede en ander programme sal, soos beplan, voortgaan. Die Parlement sal later besonderhede oor waar en hoe hierdie geleenthede sal plaavind, bekendmaak.