# Die parlementêre portefeuljekomitee vir Openbare Werke en Infrastruktuur het met skok gerageer op gister se vernietigende brand by die parlementsgebou in Kaapstad. Hy sê dis hartseer dat die geriewe van die demokrasie se hoogste gesag beskadig is, maar doen ‘n beroep op kalmte en dat mense nie gissings maak oor die oorsprong van die brand nie. Intussen vra die politieke ontleder, Gareth van Onselen, dat die minister van Openbare Werke, Patricia de Lille, antwoorde verskaf oor hoe ‘n brand by ‘n nasionale sleutelpunt kon uitbreek.