Skip to content

BOSASA-saak teen voormalige SAL-raadsvoorsitter Dudu Myeni uitgestel tot 9 Februarie [KLANK]

# Die saak van die voormalige raadsvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni, en die uitvoerende beampte van Sondolo IT, Eric Mathenjwa, is in die Landdroshof in Richardsbaai tot 9 Februarie volgende jaar uitgestel. Die saak handel oor beweerde bedrog en korrupsie van 300-duisend-rand wat met BOSASA verbind word. Die Zondo-verslag toon Myeni het korrupsie moontlik gemaak en oudpresident Jacob Zuma beïnvloed om BOSASA te bevoordeel. Myeni en Mathenjwa is uit op borgtog van tien-duisend-rand elk. Die woordvoerder van die NVG, Sindisiwe Seboka, bevestig hulle het die nodige dossiere ontvang: