# Build One South Africa doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om 16 Augustus as Marikana-gedenkdag te verklaar. Vrydag was die twaalfde herdenking van die Marikana-tragedie toe 34 mynwerkers doodgeskiet en 78 beseer is tydens betogings vir beter salarisse en lewensomstandighede. BOSA sê ‘n behoefte bestaan vir geregtigheid en erkenning vir mynwerkers wat daagliks hul lewe waag. Hy vra die president dat hul opoffering jaarliks gedenk moet word.
BOSA dring aan dat Ramaphosa 16 Augustus tot Marikana-gedenkdag verklaar