# Borgtog van 50-duisend-rand is teruggetrek vir die voormalige finansiële hoof van Fetakgomo-Groter Tubatse Plaaslike Munisipaliteit, in Limpopo, Tumelo Ratau. Hy het homself Maandag oorgegee nadat versuim hy het om verlede week in die Hooggeregshof in Pretoria te verskyn. Ratau is van korrupsie aangekla omdat hy ‘n belegging van 230-miljoen-rand in VBS Mutual Bank goedgekeur het, wat nooit terugbetaal is nie. Sy medebeskuldigde, voormalige munisipale bestuurder, Nkhono Jimmy Mohlala, het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is ‘n opgeskorte vonnis van vyf jaar en ‘n boete van 100-duisend-rand opgelê.
Borgtog teruggetrek en voormalige finansiële hoof van Fetakgomo gee oor weens VBS-beleggingskandaal