# Die twee vermeende moordenaars van die Kaapse misdaadleier, Mark Lifman sal agter tralies bly tot hul volgende hofverskyning op 20 Februarie. Johan Jacobs en Johnny Bezuidenhout se aansoek om borgtog is gister in die Landdroshof in George geweier. Die twee is in hegtenis geneem pas nadat Lifman in November in die parkeerterrein van ‘n winkelsentrum in die stad doodgeskiet is. Die landdros, André Bezuidenhout het bevind die staat het ‘n sterk prima facie-saak teen die beskuldigdes en volgens hom kon hulle nie wesenlike of buitengewone omstandighede voorsien om hul vrylating te regverdig nie.
Borgtog geweier aan Mark Lifman se vermeende moordenaars