# Uitspraak in die borgtogaansoek van twee verdagtes wat aangekla word van aanranding met die doel om ernstig te beseer, sal aanstaande Maandag in die landdroshof op Taung in Noordwes gelewer word. Rebaone Malekanyo en Tumelo Tlonkwe het in die hof verskyn in verband met ‘n voorval op 31 Oktober toe hulle na bewering ‘n man en vrou aangerand het wat gesien het hoe hulle gesteelde items uit ‘n huis in die Modimong-nedersettijg verwyder. ‘n Polisie-woordvoerder, Henry Mamothame, sê die liggaam van ‘n man is daarna gevind:
Speel klank: ENG Henry Mamothame