Skip to content

Boorgatwatervereniging bepleit verantwoordelike sink van boorgate te midde van waterkrisis

# Die Boorgatwatervereniging beklemtoon boorgate is wettig, maar dit moet verantwoordelik gesink word. Dit volg te midde van die Nasionale Water- en Sanitasie-Indaba in Midrand. Die vereniging se boor-raadgewer, Albertus Lombaard, versoek nakoming om skade aan infrastruktuur te voorkom. Lombaard het bevestig die vereniging werk saam met die Johannesburg- en Ekurhuleni-munisipaliteite om goedkeurings te bespoedig. Suid-Afrika worstel tans met deurlopende wateruitdagings en hy beklemtoon boorgate is ‘n deurslaggewende waterbron vir gemeenskappe in nood.