Skip to content

Book Dash vier tien jaar en meer as 4 miljoen boeke se verspreiding

# Book Dash, ‘n Suid-Afrikaanse uitgewer met ‘n maatskaplike inslag, vier ‘n dekade van hulp aan gemeenskappe deur geletterdheidsinisiatiewe. Book Dash het die afgleope tien jaar meer as vier-miljoen storieboeke gedruk en saamgewerk met meer as 200 organisasies sonder winsbejag. Die organisasie wat in 2014 gestig is om toeganklike Afrika-storieboeke te verskaf, gebruik ‘n unieke 12-uur uitgewersmodel waar vrywilligers gratis storieboeke vir kinders skep. Book Dash poog om jaarliks een-miljoen boeke te druk en te versprei om sy reikwydte vergroot.