Skip to content

Boetes van meer as R6 miljoen aan Wes-Kaapse drankwinkels uitgereik

# Die Wes-Kaapse LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagan Allen, sê die voortgesette werk van die provinsiale drank-owerheid is noodsaaklik om die skade wat met drankmisbruik verband hou, te bekamp. Tussen die eerste November 2022 en die 24ste November verlede jaar het die owerheid 169 boetes van meer as ses miljoen-rand aan gelisensieerde drankwinkels in die provinsie uitgereik. Allen sê dit is uiters kommerwekkend dat die meerderheid van die verslae oor nie-voldoening uit prioriteitsgebiede kom, insluitend Delft, Gugulethu en Atlantis.