Skip to content

Blade Nzimande trek plan terug om Unisa onder administrasie te plaas [KLANK]

# Die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering Blade Nzimande het die kennisgewing om Unisa onder administerasie te plaas teruggetrek. Die woordvoerder van die departement, Ishmael Mnisi, sê die besluit om die optrede te laat vaar volg op Unisa se dringende hofaansoek teen die stap. Die hof het Nzimande opdrag gegee om die kennisgewing in die staatskoerant terug te trek waarmee ‘n administrateur aangestel is. Die voormalige vise-kansellier van die Universiteit van Johannesburg, Ihron Rensburg, is deur Nzimande vir twee jaar aangestel as administrateur nadat hy Unisa se raad ontbind het:

Speel klankgreep: ENG-MnisiOnAdministrator