Skip to content

Bioverskeidenheidsfonds keur 18 nuwe toelaes goed vir projekvoorbereiding

# Die Globale Bioverskeidenheids-raamwerkfonds het nuwe toelaes vir projekvoorbereiding goedgekeur en meer as 1,2-miljard-rand geoormerk vir 18 nuwe projekte in 21 lande, insluitend Suid-Afrika. Dit sal baie van die Bioverskeidenheidsplan se teikens bevorder. Dit sluit ondersteuning in aan meer as agt-miljoen-hektaar beskermde land- en see-gebiede. Die befondsing aan Suid-Afrika sal gebruik word vir die beskerming van nasionale parke. Die Globale Omgewingsfonds se uitvoerende hoof, Carlos Manuel Rodríguez, sê die toelaag-goedkeuring getuig van toewyding om bioverskeidenheids-verlies, klimaatsverandering en besoedeling te takel.