Skip to content

Binnelandse Sake-kantore oop vir ID-afhaal tydens kiesersregistrasienaweek

# Die Departement van Binnelandse Sake herinner Suid-Afrikaanse kiesers wat kwalifiseer en nog nie hulle identiteitsdokumente afgehaal het nie, dat hulle kantore oor die kiesersregistrasienaweek oop is. Die departement het die beskikbaarheid bevestig van 321 kantore regoor die land en is vol vertroue dat die stelsel glad sal verloop om diegene te help wat ID’s nodig het. Die kantore is vandag tot vyf-uur oop.